Home > Research > Publications & Outputs > Onverpersoonlikingstrategieë in Afrikaans

Electronic data

  • Onverpersoonlikingstrategiee in Afrikaans

    Rights statement: Copyright © 2021, Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns:All rights reserved

    Accepted author manuscript, 1.12 MB, PDF document

    Available under license: CC BY: Creative Commons Attribution 4.0 International License

Links

View graph of relations

Onverpersoonlikingstrategieë in Afrikaans

Research output: Contribution to Journal/MagazineJournal articlepeer-review

Published
Close
Translated title of the contributionImpersonalization strategies in Afrikaans
<mark>Journal publication date</mark>1/12/2021
<mark>Journal</mark>Tydskrif vir Geesteswetenskappe
Issue number4-1
Volume61
Publication StatusPublished
<mark>Original language</mark>Other

Abstract

Hierdie artikel ondersoek die verskillende strategieë wat Afrikaanse sprekers gebruik om aan te dui dat ’n konstruksie onpersoonlik is. Onpersoonlike konstruksies is konstruksies waar die (soms implisiete) subjek geparafraseer kan word as “mense in die algemeen”, “ ’n onbekende persoon” of “sommige mense”. Hierdie onderwerp het al baie aandag in die taalkundeliteratuur gekry, maar die fokus was meestal op ’n beperkte aantal onverpersoonlikingstrategieë, soos die gebruik van persoonlike voornaamwoorde (bv. Jy leef net een keer), onbepaalde voornaamwoorde (byvoorbeeld Iemand het my beursie gesteel!) en passiewe konstruksies (byvoorbeeld My kar is gesteel). Volgens ons kan dié nou fokus in die literatuur toegeskryf word aan die feit dat die navorsingsmetodes (byvoorbeeld korpusstudies en vraelyste) wat tot op hede gebruik is om onverpersoonlikingstrategieë te ondersoek, navorsers slegs in staat stel om op deduktiewe wyse na die strategieë te kyk. Tot op hede is daar nog nie ’n studie uitgevoer om te bepaal i) watter verskillende moontlike onverpersoonlikingstrategieë deur Afrikaanse sprekers aangewend kan word nie, en ii) of daar bepaalde voorkeure vir sprekers bestaan oor watter strategieë om te gebruik in die verskillende en onderskeibare onpersoonlike kontekste. Hierdie ondersoek beantwoord hierdie twee vrae deur die resultate van ’n visuele vraelys – wat aan ongeveer 450 Afrikaanssprekende respondente gegee is om te beantwoord – te bestudeer.

Bibliographic note

Copyright © 2021, Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns:All rights reserved